|
Boerperd - Die geskiedenis van die SA Boerperd |
|
|
|
|
Titel: Boerperd. Die geskiedenis van die SA Boerperd Outeur: J.G. du Toit ISBN: 0-620-37063-7 Prys: R1000 + posgeld & versekering in SA R60
Formaat: A4 Bladsye: 549 / volkleur en teks / skutblaaie Hardeband Bestellings: www.Boerperd.net
ALGEMEEN
’n Omvattende geskiedenis van die Boerperd, wat oor 350 jaar heen uit verskillende perderasse ontstaan het, word hierin geboekstaaf. Die oorspronklike eienskappe van gehardheid, selfsorgsaamheid, gedienstigheid, betroubaarheid en veelsydigheid is steeds daar en het hierdie perd ’n stewige vastrapplek in die mark gegee. In 1902 het sir Arnold Theiler reeds oor hierdie besondere perd geskryf: “Oor die afgelope twee eeue het die strawwe en wisselvallige aard van die klimaat, die bodemgesteldheid van die land en die streng eise van die mense, konstant op die perde ingewerk met die gevolg dat ’n eiesoortige Suid-Afrikaanse ras hier ontstaan het.” Hierdie boek is egter veel meer as ’n wetenskaplik ingestelde boekstawing want dit maak ook ’n onskatbare bydrae tot die kulturele en tegniese aspekte van perdeliteratuur, nasionaal en internasionaal. Daarom word ou moeilik bekombare dokumente direk in die taal van publikasie aangehaal om navorsers behulpsaam te wees. Daarbenewens bevat dit pragfoto’s, gedigte, liedjies (met bladmusiek) en vertellings oor die Boerperd. Tydens die Anglo-Boereoorlog het die Boerperd byvoorbeeld van die veld af gewei en selfs bossieveld benut terwyl die Britse magte se perde op spesiaal voorbereide voer gevoed moes word. “Maanhaar en stert soos ’n sybok gekartel/ Waar sal ek, Voorslag, jou weerga weer kry?” het A.G. Visser liries geskryf. Ook die oorsprong van die geromantiseerde “wilde perde” kom aan bod. Alles ineen: ’n versamelaarsitem, ’n betroubare inligtingsbron en ’n wonderlike storieboek.
PROJEK
Winste uit die boek verkope word geskenk vir ‘n Lutherse studente predikant in Pretoria.
OOR DIE OUTEUR
Kobus du Toit verwerf ’n graad in veekundige wetenskappe aan Universiteit Stellenbosch, bekwaam hom later op nagraadse vlak aan Universiteit Pretoria in natuurlewebestuur en nog later as veearts. Hy is bekend onder sy kollegas as wildveearts en navorsing op plante vir medisinale doeleindes. Hy woon in Pretoria en is beskikbaar vir onderhoude en boekbekendstellings by telefoon 082 873 1160 of e-pos
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
LESERSPROFIEL
Diereliefhebbers en in die besonder perdeliefhebbers (sportmanne en telers), kultuurhistorici, boere, veeartse, fotograwe en navorsers.
Ouderdom: 18 – 80.
|